KOOLSLAAI MET APPEL EN SELDERY
Ek is moeg vir gewone koolslaai, toe dink ek iets anders uit! 😊
- 1 pakkie koolslaaimengsel (350 g)
- 1 koppie Mayonnaise
- sout en peper na smaak
- 3 – 4 klein geel of groen appels, geskil en blokkies gesny
- 6 selderystingels, gekerf
- 2 sprietuie, fyn gekerf
- 1 handvol sonneblomsade
- 1 handvol rosyne
- ½ houertjie suurroom
Meng alles saam en laat staan ‘n paar uur sodat die kool lekker sag kan raak.
Resep en foto: Louise Groenewald
Category: