Your Recipe Blog

KOOLBLAAR TJIPS

KOOLBLAAR TJIPS

Ek’t hierdie koolblaar tjips oudurfie gistraant gemaak en was tog te lekker.

  • 1 klein rooi kopkool
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 eetlepel Maizina
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 eetlepels fyn knoffel
  • 1 teelepel swartpeper
  • 2 eiers, geklits
  • broodkrummels
  • olie vir diepbraai

Verhit olie in ‘n diep pot of pan vir diepbraai.
Sny die koolblare in 50 x 50 mm stukkies, skud die stukkies blare sodat dit loskom van mekaar.
Meng die meel, maizina, sout, rissievlokkies, knoffel en swartpaper saam in ‘n mengbak.
Voeg die blokkies koolblare by die meelmengsel, en skud totdat die koolblare bedek is met die meelmengsel.
Voeg die geklitsde eiers in ‘n bak of bord.
Voeg die krummels in ‘n aparte bord.
Doop die meelbedekte koolblare in die eier en dan in die broodkrummels.
Braai die gekrummelde koolblare in die warm olie tot goudbruin.
Verwyder tjips uit die olie en plaas op kombuispapier om die olie te dreineer.

Nota:
Ek’t dit gebraai in warm diepolie in my rooi pannetjie oppie kole en dit was djeeeeerlik.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page