Your Recipe Blog

KOOL FRIKKADELLE

Cook: 60 - 90 minute

KOOL FRIKKADELLE

  • 6 kool blare
  • ½ gekapte uie
  • 4 gekapte sampioene
  • 1 teelepel gekapte knoffel
  • olyf olie
  • sout en peper na smaak
  • 1 kg maalvleis
  • pietersielie
  • ½ koppie tamatiepuree
  • ½ koppie langgraan rys, ongekook
  • ½ koppie water

Bring ‘n groot pot met water tot kookpunt.
Voeg die blare in, bring hitte af en prut vir so 10 minute tot blare sag is.
Braai die uie en knoffel, ± 5 minute tot bruin, voeg die sampioene by vir verdere ± 2 minute en laat afkoel.
Haal die blare uit die kookwater, sprei uit en laat afkoel.
Sny die “ruggraat” van die blaar af om dit makliker te maak as dit gerol word.
Verhit die oond tot 175ºC.
Voeg die maalvleis, rys, pietersielie, tamatiepuree, sout en peper by die uie mengsel en meng goed.
Voeg ‘n eetlepel van die vleismengsel binne in die blaar, en vou mooi toe.
Plaas die blaremet vulsel in ‘n oondvaste bak.
Meng nou jou halwe koppie water (gebruik die water waarin die kool blare geprut het) en ‘n eetlepel tamatiepuree.
Giet die watermengsel bo-oor die blare.
Voeg ‘n koolblaar of twee bo-oor die gevulde blare, maak toe in foelie en bak vir ± 1 ½ ure.
Koel af tot kamer temperatuur, plaas dan in yskas.
Laat dit oornag staan.
Voor bediening, braai aan beide kante in bietjie olie en bedien saam met groente en bykos van jou keuse.

Resep en foto: Madélynn Janse Van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page