Your Recipe Blog

KOOL- EN PYNAPPELSLAAI

KOOL- EN PYNAPPELSLAAI

Vriende van my Riaan Oberholzer en Chrisna Oberholzer het hierdie heerlike slaai gemaak, hulle het die resep iewers op die internet raak geloop.

  • ½ koolkop, baie dun repies gesny
  • 1 medium groot vars pynappel, geskil en in blokkies gesny
  • 1 tamatie, in klein blokkies gesny
  • 1 medium wortel, geskil en grof gerasper
  • 60 ml gekapte vars koljander en sprietuie
  • ½ rooi ui, in baie fyn repies gesny
  • 2 eetlepels witasyn
  • 1 eetlepel heuning
  • vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml gewone jogurt
  • 250 ml mayonnaise

Meng die eerste 5 bestanddele saam in ‘n slaai bak.
Sit die uie saam met die res van die bestanddele in ‘n aparte bakkie, meng goed deur en laat marineer vir 15 minute.
Meng na die 15 minute die mayonnaisemengsel deur die koolmengsel en sit in die yskas vir ‘n rukkie vir die geure om te trou.
Geniet hierdie slaai, dit is regtig baie lekker. Ons het wit uie gebruik, maar net so lekker.

Foto: Riaan Oberholzer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page