Your Recipe Blog

KOOL- EN LAMSKENKELPOTJIE

KOOL EN LAMSKENKELPOTJIE

“Op koring met bykosse. Dit bly sielskos wat die volgende dag net so lekker smaak.”

  • 1 kg lam stowevleis
  • 1 ui
  • 30 ml olie
  • 4 aartappels
  • ½ kopkool, in growwe repies gesny
  • 1 blikkie tamaties
  • 60 ml Worcestershiresous
  • 20 ml asyn
  • 10 ml suiker
  • 100 ml water
  • 4 heel naeltjies
  • sout en peper, na smaak
  • 1 rissie, opsioneel

Sny die ui in ringetjies en braai dit in ‘n pot tot glaserig.
Sny die vleis in blokkies en braai dit bruin saam met die ui.
Sny die aartappels in blokkies en voeg dit by die vleis.
Voeg die kool by die vleis.
Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die vleis.
Plaas die deksel op en laat dit stadig prut vir ten minste 90 minute.
Die sous kan verdik word met Bisto.

Resep: Abri Van Vuuren, aangepas deur Marinda Engelbrecht
Foto: Abri Van Vuuren

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page