Your Recipe Blog

KOOL CHOW MEIN

KOOL CHOW MEIN

Hierdie is glad nie ‘n “authentic” chow mein resep nie, maar ek het hiermee groot geword… en dis heerlik. Dis eenvoudig, goedkoop en gee baie mense kos, perfek vir hierdie en enige tyd.

  • 1 groot ui, gekap
  • 3 stingels seldery, gekap
  • olie vir vlakbraai
  • 500 g maalvleis
  • 3 wortels, gerasper
  • 1 ½ koppie rou rys
  • ½ koolkop, in skywe gesny
  • Sous:
  • 3 eetlepels blatjang
  • 2 teelepels suiker
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 30 ml sojasous
  • 750 ml kookwater
  • 1 pakkie hoender roomsoppoeier
  • 400 ml melk

Braai ui in olie tot deurskynend.Voeg die maalvleis en seldery by en braai vir ongeveer 5 – 10 minute. Voeg die gerasperde wortel en rys by en braai nog vir 5 minute.
Plaas skywe kool bo-op rys mengsel.
Meng al die sous bestanddele (behalwe soppoeier en melk) saam, giet oor en kook/prut tot rys gaar is.
Voeg nog water by, indien benodig. As die rys gaar is, meng melk en soppoeier en gooi bo-oor.
Prut totdat al die vloeistof weggekook het.
Bedien met gerasperde kaas en beetslaai.

Foto en resep: Ilze Garbers Jacobs
2de foto:  Adam Cloete

One Review

  1. Avatar photoadamcloete

    Hierdie is ‘n heerlike sielskos veral vir ‘n koue wintersaand. Dit is vreeslik lekker. Die resep is groot so dit sal sommer ‘n klomp mae lekker vol maak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page