Your Recipe Blog

KOOKWATER VETKOEK

KOOKWATER VETKOEK

  • 2 koppies koekmeel
  • 25 ml suiker
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 2 eiers
  • 250 ml kookwater, nie kokend net sterk warm
  • olie vir vlakbraai

Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en kookwater saam.
Klits die hele tyd en gooi die water baie stadig by terwyl jy klits, anders gaan die eiers gaar word. 🙂
(mens kan ook die water by die meel mengsel sit en dan die geklitste eier bysit, dit werk net so goed)
Meng eiermengsel met meelmengsel. Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.

Resep: Petra Pretorius

Nota Fanie Smit:
As jy baie van vetkoek hou, voeg bietjie suiker en anys by beslag en bak. Dit is nou baie lekker en my gunsteling.

Foto: Ronel Muller Thoma
Hello Rina het vanaand die KOOKWATER VETKOEKE gemaak. Het anys bygevoeg en 1 eetlepel suiker ekstra. Is heerlik en vinnig.

Category:

2 Reviews

  1. Catherina De Wit

    Ek bak myne sonder die eier en suiker al baie jare kom net so lekker uit. 2 koppies koekmeel, 2 teelepels bakpoeier en sout na smaak maak aan met kraan sterk warm water en bak in vlak olie. Lekker saam met sop.

  2. Mariana Weilbach

    Heerlik dankie.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page