Your Recipe Blog

KOOKMELK KOEKIES MET HARDE VERSIERSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 12 min. | Servings: 12 dosyn

KOOKMELK KOEKIES MET HARDE VERSIERSEL

  • Deeg:
  • 6 x 250 ml ongesif afgemeet koekmeel
  • 1 ml sout
  • 500 g margarien
  • 125 ml melk
  • 500 ml suiker
  • 10 ml koeksoda

Meng koekmeel en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook.
Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed.
Plaas in ‘n houer met ‘n deksel. Maak toe en verkoel oornag.
Maak koekies met ‘n koekiedrukker en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat.
As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 10 – 12 minute.
Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word.
Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.

  • Versiersel:
  • 500 ml versiersuiker
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • 2 x eierwitte
  • 1 teelepel vanielje

Plaas alles saam in ‘n mengbak en klits. Dit moet nie meer so erg blink wees nie, so 5 min se klits of langer.
As jy dit klaar geklits het, verdeel dit in verskillende bakkies en voeg dan elkeen se kleursel by, smeer dit sommer met ‘n mes op wat ek in ‘n bietjie water doop en ek maak dus my versiersel nie so slap aan nie.
Maar klits dit baie goed anders word dit nie hard nie.

Foto: Marie Grobler

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page