Your Recipe Blog

KONVEKSIE OOND PAMPOENKOEKIES

KONVEKSIE OOND PAMPOENKOEKIES

  • 500 ml gaar pampoen
  • 50 ml gesmelte margarien
  • 50 ml bruinsuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 125 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • bietjie fyn kaneel en ekstra bruinsuiker vir bô-oor sprinkel

Oond:
Bak vir 30 minute of tot gaar.
Verhit die oond tot 190°C en smeer muffin pannetjies.
Skep mengsel in pannetjies en sprinkel bietjie fyn kaneel en bruin suiker oor.

Konveksie oond:
160°C – 15 minute en dan 100°C 5 minute

  • Karamelsous:
  • 250 ml melk of room
  • 125 ml suiker
  • 50g botter
  • 5 ml karamel of vanielje geursel

Plaas die sousbestanddele in ‘n pot, roer tot die suiker oplos  en kook vir 5 minute.
Kook tot verlangde dikte.
Skep lepels vol van die warm sous oor die pampoenkoekies sodra dit uit die oond kom.
Laat staan sodat sous in die pampoenkoekies kan intrek.
Afhangende van die muffin pannetjies se grote kry ek so ± 12 tot 21 koekies.
Dis heerlik smaak soos poeding.

Resep en foto: Ilzette Feyt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page