KONFYTKOEKIES
Resep en foto: Amanda Austen
- 180 g botter of margarien
- 125 ml suiker
- 1 eier
- 5 ml vanilla geursel
- 315 ml bruismeel
- 140 ml koekmeel
- knippie sout
- 125 ml klapper
- konfyt
- ekstra klapper
- Verhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n bakplaat met nie-klewerende middel.
- Room die botter en die suiker. Voeg die eier en vanilla by en klits goed.
- Sif die bruismeel, koekmeel en sout saam.
- Voeg die droë bestanddele asook die klapper by die bottermengsel. Meng goed deur.
- Rol teelepels vol deeg in bolletjies en sit op die bakplaat.
- Druk ‘n houtlepel se steel in meel en druk ‘n holte in die middel van die koekie.
- Bak 15 tot 20 min tot gaar. Laat afkoel en skep konfyt in die gaatjie en strooi klapper oor.
Category:

