Your Recipe Blog

KONFYTKOEKIES (LEPELSTEELTJIES)

Recipe by
Cook: 15 - 12 min.

KONFYTKOEKIES (LEPELSTEELTJIES)

  • 875 ml koekmeel
  • 2 ekstra groot eiers
  • 125 ml witsuiker
  • 250 g margarien
  • 100 ml kondensmelk
  • 17 ml bakpoeier
  • 4 ml kremetart
  • knippie sout
  • appelkooskonfyt
  • klapper

Voorverhit die oond op 180°C. Spuit bakplate met kleerwerende kossproei.
Room die botter en die suiker saam.
Klits die eiers een vir een by.
Voeg die kondensmelk by en meng goed.
Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en kremetart saam.
Voeg by die bottermengsel en meng tot ‘n deeg. (As die deeg te styf is voeg bietjie melk by.)
Rol klein bolletjies en pak op bakplate.
Druk ‘n gaatjie met die steel van ‘n houtlepel in elke bolletjie.
Skep konfyt in die gatjie en strooi klapper oor.
Bak 15 – 20 minute lank tot ligbruin en gaar.

Resep en foto:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page