KONFYT-WORTEL TERTJIES
- 250 g botter
- 180 ml suiker
- 2 eiers
- 500 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- sout na smaak
- 250 ml fyn gerasperde wortels plus ekstra vir bo-op
- 5 ml vanilla geursel
- 3 ml amandel geursel
- tuisgemaakte appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit 2 kolwyntjiepannetjies met kossproei.
Room botter en suiker saam en klits eiers, een vir een by.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng met die bottermengsel.
Voeg fyn gerasperde wortels, vanilla- en amandel geursel by.
Meng goed.
Skep lepelsvol van die mengsel in voorbereide pannetjies.
Maak ‘n holte met jou duim in die middel van elke tertjie en vul met tuisgemaakte appelkooskonfyt.
Skep fyn gerasperde wortels bo-op die konfyt.
Bak 15 minute in verhitte oond tot ligbruin.
Resep en foto: Hélène Kluge Nel