Your Recipe Blog

KONFETTIPOEDING

KONFETTIPOEDING

  • 4 pakkies jelliepoeier van verskillende kleure (rooi, geel, oranje en groen)
  • 125 ml kookwater vir elke pakkie jellie
  • 125 ml koue water vir elke pakkie jellie

Maak aan en laat jellie stol, sodra jellie gestol het, sny in blokkies.

  • 1 pakkie suurlemoenjellie
  • 100 ml kookwater en 100 ml kouewater
  • 1 blikkie kondensmlek

Maak die suurlemoenjellie aan met die 200 ml water.
Laat goed afkoel en meng met die kondensmelk.
Spoel ‘n glasbak uit met koue water, voeg blokkiesjellie in die bak en meng met die kondensmelkmengsel wat goed afgekoel het.
Dit moet nie warm wees nie, want dan gaan die blokkies jellie smelt.
Laat stol en versier na smaak met room en kersies.

Resep geplaas deur Stompie Theron Borman
Foto: Stompie Theron Borman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page