KONDENSMELK SUURLEMOENTERT
- Meng saam tot dik en hou eenkant:
- 1 blik kondensmelk
- ¼ koppie suurlemoen sap
- Maak vla van die volgende:
- 3 koppies melk
- 2 eetlepels vlapoeier
- 1 eetlepel suiker
- Ektra:
- Tennisbeskuitjies
Meng die suiker en vlapoeier saam in ‘n pot of mikrogolf houer en voeg die melk by. Meng goed deur en kook terwyl jy heeltyd roer tot die mengsel dik en gaar is.
Laat baie goed afkoel.
Pak Tennisbeskuitjies in ‘n tertbak op die bodem.
Skep helfte van kondensmelkmengsel bo-op die koekies, skep die helfte van die vla bo-op die kondensmelklaag.
Herhaal stappe, die koekie en ander lae soos bo. Eindig met ‘n vla laag.
Druk koekies fyn en strooi bo-oor.
Plaas in yskas tot dit stol.
Resep geplaas deur Drienie Hattingh
Foto: Drienie Hattingh
Watse kondens melk mengsel? Met die suurlemoen?
Hi Merle, ja dit is mos die kondensmelkmengsel, die kondensmelk en suurlemoensap. Hoop hy kom lekker.