KONDENSMELK MELKKOS
- 1 blik kondensmelk
- 2 koppies water
- 1 liter melk
- 1 koppie koekmeel
- 125 ml botter
- bietjie sout
- kaneelsuiker vir bediening
Meng kondensmelk, water en melk saam in kastrol. Voeg ekstra suiker by indien dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die meel in, sodat dit soos broodkrummels lyk. Voeg sout by.
Wanneer melkmengsel warm is, draai die plaat laer en voeg die meelmengsel by, roer totdat alles ingemeng is en daar nie klonte meer is nie. Roer tot dit dik word en prut so 15 minute oor lae hitte, roer gereeld en pasop vir aanbrand. 😊
Bedien warm met kaneelsuiker.
Resep: Mari Kovacs Parkin
Foto: Letitia Henstock