KONDENSMELK MALVALEKKERPOEDING
Resep en foto: Erna Hattingh
Ons Kersfees poeding hierdie jaar.
- 250 ml (1 koppie) room, yskoud
- 1 blik (385 g) kondensmelk
- 125 ml (½ koppie) suurlemoensap
- 25 malvalekkers, opgesny
- 12 maraschino kersies, stingels verwyder
- 5 ml (1 teelepel) karamel geursel
- 6 koppie meringue in stukke gebreek (skuimpies)
- Klits die room tot styf.
- Meng kondensmelk, suurlemoensap, malvalekkers, kersies en karamel geursel. Vou die styf geklopte room in.
- Pak in lae in individuele glase of ‘n diep tertbak, begin met ‘n laag malvalekkermengsel en dan meringue.
- Herhaal die lae en eindig met die malvalekkermengsel.
- Garneer met meringue, kersies en kruisement blare.
- Plaas vir ten minste 3 ure in die yskas om te stol.
Category:

