KONDENSMELK MALVALEKKERPOEDING
Ons Kersfees poeding hierdie jaar.
- 250 ml (1 koppie) room, yskoud
- 1 blik (385 g) kondensmelk
- 125 ml (½ koppie) suurlemoensap
- 25 malvalekkers, opgesny
- 12 maraschino kersies, stingels verwyder
- 5 ml (1 teelepel) karamel geursel
- 6 koppie meringue in stukke gebreek (skuimpies)
Klits die room tot styf.
Meng kondensmelk, suurlemoensap, malvalekkers, kersies en karamel geursel. Vou die styf geklopte room in.
Pak in lae in individuele glase of ‘n diep tertbak, begin met ‘n laag malvalekkermengsel en dan meringue.
Herhaal die lae en eindig met die malvalekkermengsel.
Garneer met meringue, kersies en kruisement blare.
Plaas vir ten minste 3 ure in die yskas om te stol.
Resep en foto: Erna Hattingh