KONDENSMELK JOGURTTERT
- 1 blik kondensmelk
- 500 ml jogurt
- 1 pakkie jellie van jou keuse (ek het perske geur gebruik)
- ingelegde perske skyfies, in stukkies gesny
- Tennisbeskuitjies
Meng die kondensmelk en jogurt saam, plaas in mikrogolf oond vir 2 minute en roer weer.
Plaas terug in die mikrogolf vir nog 2 minute, voeg die perske stukkies by en roer weer.
Voer die terbord uit met tennisbeskuitjies en giet die mengsel daaroor.
Meng die jellie met 125 warm water en 125 koue water. Laat dit effens afkoel, maar nie stol nie.
Giet oor die jogurt en kondensmelk oor die agterkant van ‘n groot lepel.
Laat stol in die yskas.
Oorspronklike basiese resep geplaas deur Jolandi Greyling
Resep deur Adam Cloete aangepas na aanleiding van variasies voorgestel deur Bernadene Daniell Prinsloo
Foto: Adam Cloete