Your Recipe Blog

KOLWYNTJIES

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute

KOLWYNTJIES

  • Klits saam:
  • 4 ekstra groot eiers
  • 1 ¾ koppies suiker
  • 5 ml vanilla
  • Sif saam:
  • 2 koppies koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • Meng die meelmengsel saam met die eiermengsel.
  • Voeg by:
  • 1 koppie warm water
  • ½ koppie kookolie

Meng goed deur, maar moet nie te veel meng nie.
Pak kolwyntjie houers op ‘n muffin pan en vul ⅔ vol.
Bak teen 180°C vir 15 – 20 minute.

  • Versiersel:
  • 125 g botter
  • 3 koppies versiersuiker
  • 2 eetlepels melk
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Klits botter lekker sag en roomerig, voeg 1 koppie versiersuiker by, klits goed.
Voeg 1 eetlepel melk en 1 eetlepel suurlemoensap by, klits.
Voeg dan res van versiersuiker en melk by, klits goed.
As die versiersel nog te styf vir jou, voeg nog melk bietjie, bietjie by.

Foto en resep: Diane Roode Hancox

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page