Your Recipe Blog

KOFFIEWINKEL PANNEKOEK

Avatar photo
Recipe by
| Servings: Ongeveer 24

KOFFIEWINKEL PANNEKOEK

  • 4 eiers
  • 3 koppies water
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel sout

Meng eiers en water tot skuim. Meng die meel, bakpoeier en sout saam en meng in by die eiersmengsel,  klits goed tot skuim weg is.
Spuit die pan met kos sproei. Gebruik kleefwerende pan. Maak goed warm.
Skep genoeg deel in die pan om net die bodem van die pan te vul, draai pan laat daar ‘n dun lagie deeg in die pan is.
Bak tot die pannekoek borrels maak, draai om en laat die die ander ook verkleur.

Nota:
Die is baie dun deeg, maak heerlike dun pannekoeke. Hang af hoe groot die pan is, behoort 24 uit te kry.

Die gaar pannekoeke kan gevries word.
Wanneer mens dit ontvries, maak warm en maak sout of kaneelsuiker pannekoeke.
Ek het 1 blik tuna met mayonnaise gemeng en ½ ui. Was heerlik op pannekoek.
Ons was net 3 wat geëet het. Daar het baie pannekoeke oorgebly. Volgende dag was dit nog lekker en nie taai nie.

Resep en fotos: Meisie van der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page