Your Recipe Blog

KOFFIEVULSEL VIR KOFFIEKOEKIES

KOFFIEVULSEL VIR KOFFIEKOEKIES

Ek het belowe ek sit my koffievulsel resep op.
Ek maak hom al van seker 50 jaar plus, maar bly jy by die see en moet die botter verminder.
  • 1 koppie melk
  • 2 koppies suiker
  • 2 koppies botter
  • 2 eetlepels sterk aangemaakte koffie (baie min kookwater)
  • 1 teelepel vanilla geursel

Smelt alles stadig saam. Sodra alles gesmelt is, kook tot die mengsel loskom van die kante af. Haal van die hitte af.
Voeg sterk aangemaakte koffie en vanilla by.
Meng goed deur, laat heeltemal afkoel en gebruik tussen twee koffiekoekies as vulsel.

Nota:
Sien net met laaste 2 maaksels botter is te veel. Het afgeskaal na 375 ml.
Altyd met ons plaasbotter gedoen en nou met Rama Bake.

Resep en foto: Elmarie de Bruyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page