KOFFIETERT
- 30 ml margarien, gesmelt
- 15 ml koffie, aangemaak met 60 ml kookwater en 60 ml melk
- 250 ml suiker
- 4 eiers, geklits
- 375 ml koekmeel
- 5 ml vanilla geursel
- 1 ml sout
- 10 ml bakpoeier
- Ekstra:
- 1 blik karamel
- 250 ml room
- gekrummelde Flake
Klits die eiers en suiker saam tot room.
Voeg die koffie en margarien by die eier- en suikermengsel.
Voeg die koekmeel by en meng goed.
Voeg die vanilla en sout by en meng goed. Voeg heel laaste die bakpoeier by en meng net deur.
Skep die beslag in ‘n voorbereide glas oondbak.
Bak vir 30 min op 180ºC.
- Kook die volgende saam vir 5 minute:
- 375 ml kookwater
- 50 ml brandewyn
- 175 ml suiker
- 25 ml koffie
- 5 ml vanilla geursel
Skep warm sous oor die tert sodra dit uit die oond kom.
Laat heeltemal afkoel en smeer die karamel oor die tert.
Klop room styf (jy kan karamel kitspoeding in die room gooi) en smeer oor die kondensmelk.
Vorm die punte met jou lepel en strooi flake oor.
Resep en foto: Joyce Geers-Minnaar














