Your Recipe Blog

KOFFIETERT / KOFFIEKOEK

Recipe by
Cook: 25 minute

KOFFIETERT / KOFFIEKOEK

  • 625 ml koekmeel
  • 250 ml suiker
  • 125 ml olie
  • 125 ml water
  • 60 ml kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml vanilla geursel
  • knippie sout
  • 2 eiers, geskei
  • Stroop:
  • 10 ml kitskoffie
  • 20 ml suiker
  • 375 ml kookwater
  • Versiersel:
  • 1 botteltjie “Orley Whip”
  • 1 blik “caramel treat”

Klits eiergele, water, olie en suiker, vanilla geursel saam in ‘n mengbak.
Sif dan al die droë bestanddele saam, voeg geleidelik by en meng goed deur.
Klits eierwitte styf en vou in.
Bak in ‘n voorafverhitte oond teen 180ºC vir 25 min.
Maak koffie aan met die 375 ml kookwater en gooi oor warm koek wanneer dit uit die oond kom.
Wanneer die koek heeltemal koud is klop die “Orley Whip” en “caramel treat” saam styf en smeer bo-op koek.

Nota:
Ek het kakao oorgestrooi. Dit is opsioneel.

Resep en foto: Suzanne Petersen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page