Your Recipe Blog

KOFFIEKOEK MET ROOM EN KARAMEL

KOFFIEKOEK MET ROOM EN KARAMEL

Resep: Lizelle Samons
Foto:  Ilze Jacobs

  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 1 ½ koppie suiker
  • 3 eetlepel kakao
  • ¾ koppie olie
  • ¾ koppie kookwater
  • 6 eiers (geskei)
  • 1 knippie sout
  • 3 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • Sous:
  • 1½ koppie suiker
  • 3 eetlepel koffiepoeier
  • 1½ koppie water
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • Ekstra:
  • 1 blik karamel (gewoon of cappuccino)
  • 250 ml room
  • Sif die koekmeel, suiker en kakao saam.
  • Meng olie en kookwater en meng met die meelmengsel (Is nogal ‘n stywe deeg).
  • Voeg geklitste eiergele by en meng deur.
  • Voeg sout, vanilla geursel en bakpoeier by en meng in.
  • Klop eierwitte styf en voeg by, meng deur tot net gemeng.
  • Skep in voorbereide pan/bak.
  • Bak teen 180ºC vir 28-35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  • Kook die sousbestanddele saam en hou warm tot koek uit die oond kom.
  • Steek die koek vol gaatjies met ‘n sosatie stokkie of ‘n dun messies en skep die sous oor die koek terwyl dit nog warm is.
  • Laat die koek heeltemal afkoel.
  • Klits karamel en smeer oor koek.
  • Klop room styf en smeer bo-op karamel.
  • Nota:  Zelda Ellis –  ek klits die room styf saam met die karamel om bo-oor te sit.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page