KOFFIE VARKTJOPS IN DIE OOND
Ek het dit al ‘n paar keer gemaak, dit is heerlik. Dit smaak nie na koffie nie, net baie lekker.
- 6 groot varktjops
- koekmeel om tjops in te doop
- biefstuk en tjops speserye van jou keuse
- sout en peper na smaak
- 2 uie, in ringe gesny
- 2 eetlepels kitskoffie
- ½ koppie asyn
- 1 eetlepel botter
- 1 eetlepel Bisto
- 4 eetlepels goue stroop
Doop varktjops in die meel wat met sout, peper en speserye gemeng is. Braai bruin in bietjie botter/olie.
Braai twee uie in dieselfde pan (hoef nie heeltemal gaar te wees nie).
Voeg die koffie, asyn, botter, Bisto, gouestroop, sout, peper en speserye by die uie.
Voeg bietjie kookwater by om te verdun indien nodig.
Pak die tjops in ‘n oondbak en giet die sous daaroor.
Bak oop teen 190ºC vir ongeveer 40 minute tot gaar met ‘n taai sous.
Nota:
Indien dit met rys bedien word, kan daar ‘n bietjie water bygevoeg word ‘n rukkie voor die einde van die baktyd.
Resep geplaas deur Michael Coetzee
Foto: Adam Cloete
Nota:
Ek het die meel, speserye en bisto uitgelaat en die tjops in bruin uie soppoeier gedoop. Ek het 1 ½ pakkies nodig gehad. Die soppoeier wat oorgebly het, het ek in die plek van die Bisto by die sous gevoeg.
DIT IS HEERLIK DANKIE.