KOFFIE SJOKOLADEPOEDING
- 3 eiers
- 1 koppie suiker
- 3 eetlepels kakao, opgelos in ¼ koppie kookwater
- 1 koppie koekmeel
- 1 hoogvol teelepel bakpoeier
- ⅓ koppie olie
- 1 koppie sterk swart koffie (2 teelepels Jacobs gemeng met 250 ml water)
- 1 teelepel karamel geursel
- Sous:
- 1 koppie suiker
- res van die koffie – ¾ koppie
Klits eiers en suiker tot dik en romerig.
Voeg opgeloste kakao stadig daarby.
Sif koekmeel en bakpoeier by.
Meng olie met ‘n ¼ koppie van die sterk swart koffie mengsel en roer by deegmengsel. Hou res van die koffie vir die sous.
Voeg karamel geursel by, meng deur en skep in voorbereide oond bak.
Bak vir 30 min teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Sous:
Verhit suiker en res van die koffiemengsel tot suiker opgelos is. Skep sous lepels gewys oor poeding sodra uit oond kom.
Bedien warm met vanilla roomys.
Resep geplaas deur en foto: Christelle Grobler
2de Foto: Wilma Batt
Baie lekker tekstuur. Het net helfte minder suiker in stroop gebruik en dis nog steeds soet genoeg. Sien uit na aandete…
Louise Groenewald – Ek het hierdie lekker poeding vir ‘n spesiale geleentheid gemaak vanoggend. Ek het dit 7 minute langer gebak, oonde verskil mos maar.
Ek het een houertjie room (250 ml) by die sous gevoeg en blokkies sjokolade in die poeding gedruk na die sous oorgegooi is (vir ekstra dekadensie) 😀
Ons gaan die poeding warm eet saam met roomys.
3de foto: Louise Groenewald – Ek het weer hierdie lekker poeding vandag gemaak vir ‘n vriendin se ouetehuis-inwoners. Baie lekker poeding. Ek het dit dubbel gemaak en in ‘n oondpan gebak.














