KOFFIE KARAMELTERT
- Beslag:
- 2 eiers
- 125 ml suiker
- 30 ml kookwater
- 2 teelepels koffie, gemeng met die kookwater
- 30 ml melk
- 2 ml vanilla geursel
- 185 ml koekmeel
- knippie sout
- 15 ml gesmelte botter
- 5 ml bakpoeier
Meng al die bestanddele saam en skep in ‘n gespuite tertbak.
Bak teen 180°C tot gaar.
- Stroop – Kook saam:
- 375 ml water
- 175 ml suiker
- 25 ml koffie
- 5 ml vanilla geursel
Giet warm stroop oor warm tert. Dit lyk na baie sous maar giet alles oor.
- Vir bo laag:
- 1 pakkie karamel kitspoeding
- 250 ml koue melk
- 250 ml styf geklitste room
- Peppermint Crisp, gerasper
Maak die kitspoeding aan met die melk en laat stol.
Smeer die karamel oor die afgekoelde tert, dan geklitse room bo-op die karamel en peppermint crisp gerasper bo-oor.
Resep geplaas en foto: Michelle Feast
2de foto: Antoinette Malhaas Cannon Robson
Marietjie Viljoen – my bak is 20 x 35 cm en die tert met die karamel kondensmelk en room op maak hom net mooi vol en dan sny ek 26 blokkies.