Your Recipe Blog

KOFFIE- EN PIESANGKOEK

Recipe by
Cook: 25 minute

KOFFIE- EN PIESANGKOEK

Foto en resep: Anja Strauss

  • Koek:
  • 125 ml (½ koppie) olie
  • 375 ml (1½ koppie) strooisuiker
  • 4 eiers
  • 5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
  • 500 ml (2 koppie) koekmeel
  • 2,5 ml (½ teelepel) bakpoeier
  • knippie sout
  • 2,5 ml (½ teelepel) koeksoda
  • 7,5 ml (1½ teelepel) koffiepoeier
  • 15 ml (1 eetlepel) warm water
  • 125 ml (½ koppie) karringmelk
  • 250 ml (1 koppie) fyngedrukte piesang
  • Stel oond op 180°C.
  • Klits olie, suiker en eiers saam. Voeg vanielje by.
  • Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  • Roer koeksoda, koffie en warm water bymekaar tot opgelos. Roer karringmelk en piesangmoes by.
  • Roer die meel en piesangmengsel om die beurt by eiermengsel tot goed gemeng.
  • Skep in twee gesmeerde en gevoerde 20 cm koekpanne en bak vir 25 min of tot toetspen skoon uitkom. Laat goed afkoel voor versier word.
  • Versiersel:
  • 5 ml (1 teelepel) koffiepoeier
  • 20 ml (4 teelepel) warm water
  • 125 g (¼ blok) botter
  • 750 ml (3 koppies) versiersuiker
  • 20 ml (4 teelepel) sjokoladelikeur
  • Maak koffiepoeier met warm water aan. Klits botter en voeg versiersuiker geleidelik by.
  • Voeg koffie en likeur om die beurt by om mengsel te voltooi. Versier koek met versiersel en sjokoladekrulle.
  • Nota: Ek het my eie kits karringmelk gemaak, die winkels sukkel om dit te kry. Onderstaande resep gebruik en gehalveer.
  • Kits karringmelk:
  • 1 koppie melk en 1 eetlepel witasyn of suurlemoensap – meng en laat staan vir 5 na 10 minute tot dit lyk of die melk split. Gebruik soos nodig.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page