KOFFIE EN MALVALEKKER KOEK
- 2 koppies bruismeel
- ½ koppie suiker
- 1 eetlepel botter
- 2 eiers
- 1 eetlepel koffie in 10 ml warm water
- knippie sout
- 200 ml melk( kan meer insit indien nodig)
- ½ pak klein malvalekkers
Meng droë bestanddele saam en meng goed.
Vryf botter in droë bestanddele.
Voeg eiers by en meng goed saam.
Meng koffie saam met melk en voeg by die beslag.
Meng tot ‘n gladde deeg.
Voeg malvalekkers by die beslag.
Nota:
Kan meer malvalekkers gebruik indien verkies.
Bak vir 30 min op 180ºC.
Resep geplaas deur Anthony Belinda Shepherd
Foto: Anthony Belinda Shepherd