KOFFIE CREMORATERT
- 2 koppie Cremorapoeier
- 1 blik kondensmelk
- ½ koppie suurlemoensap
- ½ koppie kookwater
- 1,5 teelepel koffie (ek Nescafe gebruik)
- Tennisbeskuitjies
- peppermint sjokolade
Los koffiepoeier op in kookwater. Meng die Cremora en koffiemengsel in ‘n bak.
Verkoel die mengsel in die yskas. Wanner heeltemal afgekoel is, voeg kondensmelk by en suurlemoensap by. Meng baie goed deur.
Skep die mengels oor die beskuitjies wat jy uitgepak het in ‘n bak om die kors te vorm.
Rasper peppermint sjokolade oor. Laat staan in jou yskas tot goed gestol.
Foto en resep: Aneen Ferreira