Your Recipe Blog

KOFFIE-CHIFFONKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

KOFFIE-CHIFFONKOEK

  • 125 ml mielieblom
  • 375 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 7 eiers, geskei
  • 90 ml sterk swart aangemaakte koffie
  • 250 ml strooisuiker
  • 205 ml olie
  • 5 ml vanilla geursel
  • 90 ml strooisuiker (ekstra)
  • Versiersel:
  • 60 ml botter
  • 60 ml water
  • 2,5 ml droë koffiekorrels
  • 90 g witsjokolade, in blokkies gebreek
  • 250 ml versiersuiker, gesif

Stel oond op 180°C.
Sif mielieblom, koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits eiergele, aangemaakte koffie en strooisuiker met elektriese klitser tot donserig.
Voeg olie en vanilla geursel by en klits tot goed gemeng.
Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
Klits eierwitte tot stywepuntstadium. Voeg 90 ml strooisuiker by en klits tot glad.
Vou eierwitte by beslag in.
Spuit 2 ringkoekpanne van 22 cm met kleefvrye sproei en sprinkel met koekmeel ( ek voer panne uit met waspapier en sprinkel dan met meel, anders sit die koek vas onder).
Verdeel deeg tussen 2 panne en bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Laat bietjie afkoel en keer dan op afkoelrak uit.

Nota:
Ek kry 2 koeke uit hierdie beslag. Ek sny hul dan in middel deur en smeer met sjokolade botterversiersel in middel en dan bo-op baie dun voor ek die versiersel oorgooi.

Versiersel:
Plaas botter, water, koffie en sjokolade in kastrol. Verhit oor matige hitte en roer af en toe tot glad.
Verwyder van hitte en roer versiersuiker by tot glad. Skep bo-oor die koek.
Ek kap ‘n pakkie maltballetjies en strooi dit bo-oor.
Berg in lugdigte houers.

By gebrek aan ringkoekpanne, sit ek ‘n glas wat gespuit en in meel gedruk is, in die middel.

Foto: Marietjie du Toit

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page