KOESKOES MET BOTTERSKORSIE
Resep en pos en foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: Gebruik net die helfte van die koeskoes.
- 1 kg botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
- 2 eetlepel kookolie
- 2,5 ml fyn kaneel
- knypie sout
- 4 eetlepel strooisuiker
- bietjie olie
- 1 ui, fyngekap
- 1 rooi soetrissie, in blokkie
- 1 eetlepel gekapte vars pietersielie
- 4 grasuie, fyngekap
- 125 ml sultanas
- 100 g gevlokte amandels
- 100 g pekanneute grofgekap
- Koeskoes (lees nota)
- 500 g koeskoes
- 2,5 ml fyn kaneel
- knypie borrie
- 2 koppie kokende hoenderaftreksel
- 4 teelepel botter
- Botterskorsies:
- Stel oond op 180ºC.
- Plaas botterskorsie in ‘n oondpan en sprinkle olie bo-oor, meng goed en bak vir 20 min (of tot gaar).
- Sprinkel kaneel, sout en strooisuiker bo-oor sodra botterskorie uit oond kom, roer liggies deur.
- Verhit olie en soteer ui daarin tot net sag. Voeg soetrissie by en soteer nog bietjie.
- Voeg pietersielie, grasuie, saltanas, amandels en neute by, soteer nog bietjie.
- Verwyder van hitte en roer in by botterskorsie.
- Koeskoes:
- Roer koeskoes, kaneel en borrie by kokende aftreksel en laat vir ongeveer 10 min staan.
- Voeg botter by en roer met vurk tot los.
- Skep koeskoes in geskikte opdienbak en skep botterskorsiemengsel bo op of meng deur.
- Sit warm voor.












