KOEMKWATKONFYT
- 1.5 kg koemkwarte
- 1 kg suiker
Was die vruggies mooi skoon af.
Ontpit die ryp koemkwatte en sny die wit kern soveel as moontlik uit.
Probeer soveel moontlik uitsny van die groen want dit gaan die konfyt bitter maak.
Dit is die grootste werk om die konfyt te maak maar is baie nodig.
Verwyder dieselfde tyd die pitte en sny die koemkwatte is klein blokkies.
Strooi die suiker oor die vruggies in ‘n groot genoeg skottel en laat staan oor nag.
Bring die koemkwatjies en suiker tot kookpunt en laat kook op stadige hitte tot die stroop die druppel oppie piering toets geslaag het.
Skep die skuimpies wat gevorm word af en voeg een eetlepel suurlemoen sap by en roer goed.
Bottel dit dan in gesteriliseerde flesse en siedaar nog ‘n lekkerte.
Resep en foto: Gideon Louw