KOEL SOOS ‘N KOMKOMMER SLAAI
- 80 g lemmetjiejelliepoeier (1 pakkie)
- 175 ml kookwater
- 75 ml suurlemoensap
- 1 grasuie, fyn gesny
- 175 ml suurroom
- 250 ml komkommer, gerasper (Ek skil nie my komkommer nie)
- 1 avokado, gesny
Los jelliepoeier in die kookwater op.
Voeg die suurlemoensap en grasuie by.
Verkoel die mengsel totdat dit begin stol.
Pak gesnyde avokado in vorm.
Roer die suurroom en komkommer saam.
Gooi die mengsel in die vorm en verkoel tot gestol.
Kerf blaarslaai en pak op bord.
Keer komkommervorm op laag blaarslaai.
In die middel kan tamaties en olywe geplaas word.
Vir versiering rondom gesnyde komkommer, wortels en avokado.
Foto: Elna Erasmus
Resep geplaas deur Elna Erasmus