KOEKSTRUIF MET KOEKKRUMMELS
- 1 vanilla koek, gekrummel
- 1 liter Ultramel vla
- neute of grondboontjies
- 2 of 3 pakkies jellie
- 250 ml room of Orley Whip
- 1 teelepel gesifte versiersuiker
Meng die koekkrummels met Ultramel wat ‘n bietje verdun is met vars melk.
Skep dit in glase of in ‘n groot vierkantige/reghoekige bak.
Sprinkel fyngemaakte neute of grondboontjies bo oor.
Bedek met kleefplastiek en sit in die yskas.
Meng 1 pakkie rooi jellie met 1 koppie kookwater tot opgelos en voeg 1 koppie yskoue water by, dit in die yskas om te stol. Doen dieselfde met die ander pakkie jellie in ‘n aparte bakkie en laat ook stol.
Wanner gestol, maak die jellie lekker grof fyn met ‘n vurk.
Klits die room / Orley whip styf saam met ‘n teelepeltjie gesifte versiersuiker.
Versier die koekstruif en bedien met styfgeklopte room.
Nota:
Nog ‘n opsie: 1 wit sponskoek opgesny en pak ‘n laag gevolg deur die vla en herhaal todat koek en vla op is.
Resep en foto: Petro Labuschagne