Your Recipe Blog

KOEKSISTER BALLETJIES GEROL IN KLAPPER

KOEKSISTER BALLETJIES GEROL IN KLAPPER

  • 2 koppies koekmeel
  • 12,5 ml bakpoeier
  • 12,5 ml suiker
  • 12,5 ml botter
  • 1 eier
  • knippie sout
  • ¾ koppie melk
  • olie vir gaar maak

Vryf botter met vingers in meel in, meng bakpoeier, suiker en sout by.
Meng melk en eier en meng saam tot ‘n sagte deeg. Laat staan vir so 10 min om te rus.

Nota:
Maak die stroop en hou gereed om balletjies in te doop soos dit uit die olie kom.

Rol in balletjies en bak tot goudbruin in warm olie.
Doop dan in louwarm stroop.

  • Stroop:
  • 4 koppies suiker
  • 2 koppies water
  • 1 eetlepel stroop
  • 2,5 ml wynsteensuur

Kook alles saam vir 5 minute. Laat afkoel. Doop gaar balletjies daarin en rol in klapper.

Foto en resep geplaas deur Hannelee Nortje

One Review

  1. Dennis

    Well organized….. Variety very wide and instructions easy to follow….

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page