KOEKIES SONDER EIERS MET VARS BLOMMETJIES
Resep geplaas en foto: Petru Van Jaarsveldt
My eerste, of liewe, tweede baksel koekies. Eerste koekies se blomme het regtig nie mooi gebak nie, al het ek die oond op 150°C gehad.
Erkenning aan tannie Theron Williston.
- 3 koppies koekmeel
- 1 koppie suiker
- 225 g Stork Bake (ek het botter gebruik)
- 2.5 ml koeksoda
- ¼ koppie melk
- vars eetbare blommetjies
- water en versiersuiker gemeng om die blommetjies mee te plak
- Voorverhit oond op 160°C.
- Plaas melk in kastrol, voeg suiker by en verhit. Roer tot suiker opgelos is en mengsel kook.
- Voeg koeksoda by die mengsel, versigtig die skuim heelwat. Laat die mengsel afkoel.
- Vryf die botter in die koekmeel in dat dit soos krummels lyk en voeg afgekoelde melkmengsel by. Meng goed deur.
- Rol dun uit, druk af en pak op ‘n gesmeerde bakplaat.
- Bak tot net bruin, ± 10 minute. Hou maar dop want oonde verskil. Haal uit die oond en laat op rakkie afkoel.
- Na die koekies afgekoel het, plak vars blommetjies op koekies met versiersuiker water.
- Verf bietjie suikerwater op die koekie, sit die blommetjie op en verf weer bo-oor bietjie suikerwater.
- Laat staan tot heeltemal droog voor verpak.
Category:












