KOEJAWELVLATERT
Resep: Rachelle Reyneke
Foto geplaas deur: Meisie van der Colff
- Kors:
- 2 x 200 g pakkies tennisbeskuitjies, fyngemaal
- 150 g botter, gesmelt
- Meng die beskuitjiekrummels met die botter en druk vas in die voorbereide bak om kors te vorm.
- Vulsel:
- 15 ml gelatien
- 500 ml dik vla klaar gemaak
- 250 g roomkaas
- 1 blik ingelegde koejawels klein blokkies gesny
- Bespuit ‘n bak met kossproei.
- Roer 45 ml water saam met gelatien en laat staan tot gepons.
- Klits die roomkaas en vla met ‘n elektriese klitser tot daar geen klonte is nie.
- Verhit gelatien vir 10 sekondes in mikrogolfoond of tot gesmelt. Klits dan by die vlamengsel in.
- Giet vlamengsel in die voorbereide kors en laat verkoel vir 1 tot 2 ure.
- Versprei koejawels oor die vlatert. Sny in skywe en sit voor.
Category:

