KOEDOE WILDSPASTEI IN DRUKKOKER EN OOND
- ¼ of meer koedoe blad of boud, in porsies verdeel vir drukkoker
- uie na smaak, in kwart ringe gesny
- wortels na smaak, in ringetjies gesny
- aartappels na smaak, in blokkies gesny
- blikkies gemengde groente, na smaak
- suurlemoensap, na smaak
- neutmuskaat en naeltjies, na smaak
- 1 pakkie beesstert soppoeier
- winkel-blaardeeg, hoeveelheid soos benodig
- eiers vir eierwas (1 eier plus 5 ml water is een ‘eenheid’)
Plaas stukke wildsvleis en al die bestanddele, behalwe blaardeeg en eierwas, in drukkoker, verkieslik ‘n elektriese een.
Kook vir sowat 60 minute. Ontbeen dan die vleis (daar sal fyn beentjies wees, wees versigtig en kyk/voel mooi).
Laat vulsel afkoel en voorafverhit oond têrselfdertyd tot 180 °C.
Rol die blaardeeg uit, belyn die bodem en kante van die oondbak(ke) daarmee.
Skep die afgekoelde vleisvulsel op die blaardeeg bodem(s) volgens pastei dikte.
Sit nog ‘n lagie blaardeeg bo op. Maak seker dit seël goed met die onderste blaardeeg.
Smeer eierwas op, en plaas bak(ke) in die voorafverhitte oond vir ongeveer 30 minute of tot die deeg goed gaar is en lekker opgepof is.
Resep en fotos: Jackie Bannink