Your Recipe Blog

KOEDOE EN BEES HERDERSPASTEI MET PATAT KAPOKAARTAPPELS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 10 porsies

KOEDOE EN BEES HERDERSPASTEI MET PATAT KAPOKAARTAPPELS

  • 1 kg uie, gekap en gebraai in bietjie olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 kg wild-en-bees maalvleis (50/50)
  • 1 blik tamaties
  • 500 g wortel blokkies
  • 500 g groenbone
  • 400 ml aftreksel
  • sout, peper, tiemie, barbeque speserye en Worcestersous na smaak
  • 3 kg patats, geskil en in ewe groot stukkies gesny en gekook in bietjie soutwater tot sag
  • 1 eetlepel heuning
  • sout, peper en rissiepoeier na smaak
  • groot klont botter en ‘n bietjie melk

Braai ui stadig in olyfolie tot ligbruin. Vat jou tyd en laat die geure ontwikkel.
Voeg knoffel by en laat vinnig deurbraai.
Skep die maalvleis so bietjie-bietjie in en braai tot lekker los.
Voeg die groente en tamaties by en laat deurbraai vir ‘n paar minute.
Giet aftreksel so bietjie bietjie by en prut tot groente sag is en dit begin bind.
Proe en geur met worcestersous en geurmiddels (ek gooi so halwe koppie blatjang by).
Laat deurkook. Skep in ‘n plat bak.
Maak kapokaartappels van die patats, heuning, geurmiddels, botter en melk en skep bo-op maalvleis.
Bak so 40 min by 180°C.
Bedien met slaai.

Resep en foto: Frikkie Jones

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5