KNOFFELROOMROLLETJIES MET ‘n TWIST
Die hoeveelhede vir die resep is na smaak.
- botter
- gerasperde kaas
- pietersielie
- styfgeklopte room
- gekerfde biltong
- gekapte peppadews
- Aromat
- broodrolletjies
- gekapte jalapenos, opsioneel
Meng botter, kaas, knoffel, pietersielie en room.
Smeer dik op oopgesnyde broodrolletjes en pak in ‘n oondpan, gesmeerde kante na bo.
Strooi bietjie biltong, peppadews en Aromat oor.
Bedek met ekstra kaas.
Maak toe met foelie en bak in die oond vir so 15 minute teen 180ºC.
Vir variasie kan jy ook gekapte jalapenos bysit.
Resep en foto: Sean O’Brien