KNOFFELMOSSELS IN ROOM
- Ongeveer 20 mossels
- Mozarella kaas, gerasper
- Sous:
- 250 ml room
- 250 ml wit wyn
- 1 teelepel Aromat
- 2 eetlepels gekneusde knoffel (crushed)
Meng sous bestanddele saam in ‘n diep pan en bring tot kookpunt.
Plaas mossels in die pan en kook vinnig vir ± 8 min.
Neem ‘n oondpan wat uitgelê is met foelie, pak die mossels uit op die foelie met oop kante bo.
Gooi knoffel- en wynsous van die pan oor die mossels, sprinkel gerasperde Mozzarella kaas oor en rooster in die oond tot kaas begin bruin word.
Bedien saam met broodvingers.
Resep en foto: Gideon Louw
Delicious! Wait a longtime for the recipe