KNOFFELBROODWIELE
Resep en foto: Juanita Viviers Scheepers
- 1 pak brooddeeg
- 150 g botter
- 2 eetlepelels fyn knoffel
- 200 ml rissiesous
- 2 koppies gerasperde kaas
- 500 ml room
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- Rol deeg uit in ‘n langwerkige vorm.
- Meng botter en knoffel goed saam en smeer ‘n lagie oor die deeg.
- Smeer die rissiesous oor die bottermengsel en strooi gerasperde kaas bo-oor.
- Rol die deeg in die lengte op, sny in wiele en pak in ‘n gesmeerde oondpan.
- Meng die room en uiesoppoeier saam en giet oor die broodwiele.
- Bak by 180ºC tot gaar (ongeveer 20 – 30 minute).
- Nota: Hoeveelhede kan aangepas word na smaak.



