KNOFFELBROOD VIR TWEE
Kan maklik verdubbel word.
- Meng die volgende saam en laat staan 5 min:
- ⅓ koppie sterk louwater
- 1 teelepel kits suurdeeg
- 1 eetlepel suiker
- Voeg dan by suurdeegmensel:
- 1 koppie koekmeel
- ¼ teelepel sout
- 1 boepensvol eetlepel volroommelkpoeier (nie Cremora)
- Ektra:
- 1 eetlepel olie
- gerasperde Mozzarella kaas
Meng alles saam tot dit as deeg bymekaar kom.
Voeg die olie by en knie goed vir so 10 min.
Sit in ‘n bak gesmeer met olie, bedek, en laat rys tot dubbel volume. (omtrent 1 uur).
Knie liggies af. Rol uit in reghoek.
- Meng na smaak:
- 80 ml botter (lekker sag en smeerbaar)
- gekapte pietersielie
- rooi rissie
- 2 knoffelhuisies gekap, en enige iets waarvoor jy lus het.
Smeer oor uitgerolde deeg. Hou so bietjie oor. Rasper Mozzarella kaas bo-oor.
Rol op soos ‘n rolkoek.
Sit in gesmeerde pan of bakplaat met naat na onder. Smeer res van die bottermengsel bo-op. Sny liggies kepe in brood met skerp mes.
Laat weer rys vir so halfuur en bak in voorafverhitte oond op 180 ºC vir so 40 minute.
Verf van die botter wat uitgeloop het in bakproses bo-oor warm broodjie.
Geniet saam met jou gunsteling braaivleis of hoenderlewertjies of netso!
Dis heerlik!
Resep en foto: Laetitia Burger