Your Recipe Blog

KNOFFELBOTTER

KNOFFELBOTTER

  • Vir broodjies:
  • ½ koppie botter or margarien
  • 2 fyngesnyde knoffelvingers
  • 1 eetlepel vars gekapte pietersielie
  • 2 eetlepels gerasperde kaas
  • Vir steak en aartappels:
  • 4 of meer fyngekapte knoffelvingers
  • 1 eetlepel water
  • ½ koppie botter or margarien
  • 1 eetlepel vars gekapte pietersielie

As jy knoffelbotter wil maak vir broodjies meng die botter of margarien met die knoffel, pietersielie en kaas.
Vir steak en aartappels kook die knoffel in 1 eetlepel water tot die water droog gekook het.
Haal van die stoof af, laat afkoel en meng met botter en pietersielie.
Jy kan dit in kleefplastiek vorm soos ‘n rolletjie, vries en sny, dan skyfies sny om op jou steak of aartappel te sit.

Resep: Elize de Kock

Riana Wagner
Plaas die heel knoffel… Nie skoongemaak op ‘n vellletjie foil. Vryf heel knoffel goed in met olie. Strooi sout/peper en gemengde kruie oor. Draai knoffel styf toe en plaas in oond teen 150°C. Bak tot sag.
Koel effe af.
Druk die sagte knoffelhuisies (soveel soos jy wil) by kamertemperatuur botter en meng goed.
Die res van die huisies kan in die yskas in ‘n bakkie gebêre word.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page