KNOFFELBOTTER MET KAASSMEER
Hierdie is vir ons die lekkerste knoffel brood ooit.
- 200 ml botter
- 200 g Mozzarella kaas
- 250 g Melrose biltong gegeurde kaassmeer
- knoffel na smaak
- handvol vars pietersielie, fyngekap (opsioneel)
Rasper Mozzarella kaas en meng alles goed saam. Sny brood in die lengte oop en sit mengsel in. Maak die broodjie toe met foelie, plaas in die oond op 180 ºC of braaivleis vuur sodat die bottermengsel lekker kan smelt. Ongeveer 30 min.
Nota:
Hierdie mengsel is ook baie lekker as jy dit op heel gaar aartappel sit in die plek van suurroom.
Resep en foto: Kotie Olivier