Your Recipe Blog

KNOFFELBOTTER-GEVULDE RUMP

Recipe by
Cook: 35 - 40 minute

KNOFFELBOTTER-GEVULDE RUMP

  • 1 rump tip, ongeveer 800 g
  • 4 hoogvol eetlepels knoffelbotter
  • 2 medium uie
  • 1 groen soetrissie
  • 1 pakkie spek
  • sout, peper en speserye na smaak

Sny uie en groen soetrissie in blokkies en braai tot sag.
Sny spek in blokkies en braai saam.
“Butterfly” die rump. Ek het myne gesny soos ‘n rolkoek.
Slaan plat met hammertjie.
Smeer knoffelbotter oor die vleis.
Skep uie mengsel bo-op.
Rol op en plaas in oondbak.
Sprinkel speserye, sout en peper bo-oor.
Bak by 180ºC vir ongeveer 35 – 40 minute.
Tyd hang af van jou oond en dikte van die vleis en watter gaarheid julle verkies.
Haal uit die oond, laat rus ‘n rukkie en sny in skywe om te bedien.

Resep en foto: Corne van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page