KNOFFEL-SAMPIOEN BROODJIE
- 1 kg brooddeeg
- 1 pakkie sampioene, gesnipper
- knoffelbotter
- vars kruie na smaak
- gerasperde kaas
Koop brooddeeg of maak jou eie.
Braai ‘n pakkie sampioene in knoffelbotter en laat afkoel.
Knie sampioenmengsel, vars kruie en kaas in die deeg in.
Vorm plat brode, plaas op voorbereide bakplaat en sprinkel met kaas.
Bak by 180°C tog gaar vir so 30 – 45 min.
Resep en foto: Amanda Austen