Your Recipe Blog

KNOFFEL EN KAAS SLAKKE

KNOFFEL EN KAAS SLAKKE

  • 1 blikkie slakke
  • 6 huisies knoffel, fyngekap
  • 500 ml Cheddar kaas
  • 250 ml vars room
  • 125 ml melk
  • 125 g botter
  • 125 ml koekmeel
  • sout en pepper na smaak

Soteer die slakke in ‘n klein bietjie botter vir 2 min, en laat staan eenkant.
Smelt die botter tot van kleur verander en voeg die koekmeel by, roer baie goed.
Laat die mengsel so minuut braai totdat die meel gaar is.
Voeg die vars room en melk by en roer tot dat alle klonte uit is, en mengsel begin prut.
Roer die knoffel, kaas, sout en pepper by.
In ‘n slak bakkie skep ‘n teelepel vol van die witsous mengsel in elke holte.
Plaas ‘n slak in elke holte en met die oorblywende sous bedek die bordtjie.
Bak ongeveer 10 min teen 180ºC of tot mooi lig bruin bo.
Bedien saam met vars bruin brood.

Resep en foto:  Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page