Your Recipe Blog

KNOFFEL BRAAIBROODJIE MET ‘N KINKEL

KNOFFEL BRAAIBROODJIE MET ‘N KINKEL

Ek het hierdie broodjie vandag gemaak vir ons Erfenisdag braai, en dit is heerlik. Mens kan regtig enige iets binne in sit waarvan julle hou en self ‘n ligte ete van hom maak deur saam met die vulsel tuna of hoender ook in te sit. Hierdie hoeveelhede is vir ongeveer 3 porsies, ek sou sê vir 2 persone.

  • 6 snye brood (wit of bruin)
  • ½ bakkie roomkaas
  • 1 eetlepel soetrissiesous
  • 2 eetlepels songedroogte uie (vars sal ook goed werk, gerasper)
  • ongeveer 5 sondgedroogte tamaties
  • 1 teelepel fyn gekapte knoffel
  • 1 teelepel korrel mosterd
  • vars pietersielie
  • vars basil
  • vars sprietuie
  • ½ wiel Feta kaas
  • gerasperde Cheddar kaas

Sny die broodkorsies af en lê die snye twee twee lang mekaar, maar die ses snye moet mekaar in die middel en aan al die kante oorvleul, sodat wanneer jy die snye plat rol met die koekroller, al die snye aan mekaar vas is en daar nie opening is nie.
Rol die snye met die koekroller plat.
Meng die roomkaas met die soetrissiesous, knoffel, mosterd en uie. Smeer die mengsel oor die plat gerolde brood.
Kerf die vars kruie baie fyn en sprinkel oor die kaas.
Kap die songedroogte tamaties fyn en sprinkel oor die brood.
Krummels die Feta oor en laaste sprinkel genoeg gerasperde kaas oor.
Rol die brood van die kort kant af op soos ‘n rolkoek, rol versigtig dat die nate nie oopgaan nie.
Maak stewig toe in foelie en plaas in die yskas.
Braai op matige kole en draai gereeld dat die kaas kan smelt en die rol deur warm word.
Haal die foelie af, en braai buite om lekker bros en kakerig.
Sny in wiele en bedien.
Geniet hom, hy is heerlik.

Resep en fotos: Rina Kleinhans

One Review

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page