Your Recipe Blog

KNOFFEL BECHAMEL AARTAPPELGEBAK

KNOFFEL BECHAMEL AARTAPPELGEBAK

  • 5 medium aartappels, in skywe gesny
  • 2 koppies kaas, gerasper
  • Bechamel sous:
  • ongeveer 4 eetlepels botter
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 2 teelepels gekapte knoffel
  • 2 koppies warm melk
  • sout na smaak
  • peper na smaak

Smelt die botter in ‘n pan, voeg die knoffel en meel by en roer tot ‘n pasta vorm vir so minuut.
Giet 2 koppies warm melk stadig by en roer goed om klonte te vermy.
Laat kook tot dit dikker word. Indien jy voel dis te dik, voeg nog melk by.
Voeg sout en peper by na smaak.
Kook die aartappel skywe vir so 20 minute.

As alles gereed is kan jy nou begin om die bak pak.
Laag bechamel sous onderin ;n gesmeerde oondbak, pak ‘n laag aartappels, weer ‘n laag bechamel, strooi kaas oor en herhaal lae tot jy met kaas bo eindig.

Bak in ‘n oond by 180°C tot die kaas gesmelt is, die aartappels sag is en die gereg begin verkleur.

Foto en resep: Michelle Bekker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page